

KARAMEL KARRINGMELK BESKUIT
250 g botter
½ koppie witsuiker
½ koppie demarara suiker
½ teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel karamel geursel
2 eiers
1 koppie karringmelk
500 g bruismeel
Voorverhit jou oond tot 180°C.
Smelt die botter. Roer die suikers by tot opgelos. Meng die sout en bakpoeier by. Klits die eiers, karamel essens en karring melk by. Voeg die meel by en meng goed.
Krap die deeg in ‘n klein (36 sny) beskuit pan en maak gelyk. Druk die snyer in.
Bak vir 30 minute.
Haal die snye uit mekaar en droog teen 100°C.
Foto en resep: Wayne Dugmore






