

HOENDER MAFE
(Grondboontjie Hoender)
8 hoender dytjies
1 groot ui, in segmente gesny
1 groen peper, in blokkies gesny
1 geel peper, in blokkies gesny
1 botterskorsie, in blokkies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
vars gekapte koljander blare na smaak
gekapte grondboontjies na smaak
gesnipperde sprietuie na smaak
Basmatie rys
Sous:
1/3 koppie growwe grondboontjie botter
1 blik klappermelk
1 teelepel komyn
3 teelepels fyn knoffel
2 teelepels fyn vars gemmer
50 gram tamatiepasta
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 teelepel rissie (optioneel)
Voorverhit die oond tot 180°C.
Pak die uie, hoender, groen peper, geel peper en botterskorsie in ‘n oondvaste bak. Geur met sout en peper na smaak.
Meng al die bestanddele vir die sous saam – ek gebruik sommer my stok menger.
Giet die sous oor bestanddele in die oondbak.
Bedek die bak met foelie. Bak vir 30-45 minute met die foelie op.
Wanner dit goed aan die borrel is haal jy die foelie af en bak dit vir nog so 30 minute. Druk so elke nou en dan ‘n lepel van die kant af in om die hoender te lig en om te draai tot die hoender lekker bruin word.
Bedien die hoender en pampoen op basmatie rys. Sprinkel die koljander, grondbone en sprietuie bo-oor.
Foto: Wayne Dugmore







Geskuif