

BLOMKOOL IN WIELE
1 blomkool, in wiele gesny
Plaas die skywe wat omtrent 25 mm dik is en ook die los stukkies in ‘n gespuite oondpan.
Sprinkel dan daaroor:
ruim olyfolie
ruim Italian herbs
sout
gemaalde swartpeper na smaak
2 eetlepels “crushed garlic”
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir 40 min, verwyder en sprinkel gerasperde kaas daaroor en rooster vir ‘n paar minute tot kaas gesmelt is.
Foto: Gideon Louw






