

AMANDA SE KORINGSLAAI
250 ml (1 koppie) koring
sout
1 groot groen rooi peper (ontpit en in klein blokkies gesny)
1 medium ui (fyn blokkies gesny)
2 seldery stingels, skoongemaak en fyngesny
½ koppie vars ertjies (kan geblikte ertjies gebruik)
1 klein blik perskeskywe (gedreineer, hou die sap, sny in stukkies)
½ koppie rosyntjies
vars gemaalde sout en peper na smaak
SOUS:
50 ml olyf olie
3 ml (ruim ½ teelepel) borrie
7 ml (1 ½ teelepel) matige kerriepoeier
25 ml blatjang
15 ml suiker
25 ml druiwe-asyn
½ koppie kondensmelk
Kook die koring in water tot amper sag, gooi sout by en kook nog so bietjie tot sag.
Spoel die koring af en gooi dit in ‘n slaaibak. Meng die res van die slaai bestanddele met die koring.
Meng al die bestandele vir die slaaisous saam.
Giet oor die koringmengsel en roer goed deur.
Geur met sout en peper indien nodig.
Verkoel die slaai tot etenstyd. Hoe langer die slaai staan, hoe beter proe dit!
Resep en foto: Amanda Conradie







geskuif