

AARTAPPEL EN EIER KOPPIES
Resep is in 3 stadiums.
STADIUM 1
Gebruik ‘n jumbo muffin pan.
Rasper so 3 groterige aartappels.
Voeg sout en peper of eie spesery by.
Klits die wit van 1 eier en voeg by.
Voeg ook 30 ml gesmelte margarien by en meng goed.
Druk dit vas in gesmeerde holtes van die muffin pan. Moet soos bakkie lyk.
Bak by 220 °C vir omtrent 15 min.
Moet bruinerig om die rante wees.
STADIUM 2
Braai die volgende saam in bietjie olie:
1 ui, fyngesny
1 tamatie, fyngesny
4 sampioene, fyngesny
paar jong spinasie blare, opgebreek
sout en peper na smaak
Skep dit bo-op die aartappel in die pannetjie.
Sit gerasperde kaas bo-op.
Bak by 200 °C tot kaas goed gesmelt is.
STADIUM 3
Gooi ‘n eier in elke koppie.
Sit sout en peper bo-op.
Bak by 180 °C vir tussen 8 en 12 min afhangende van hoe hard jy van jou eier hou.
VARIASIES
Jy kan ook spek of ham by die tamatie mensel sit.
Resep en foto: Sharon Lloyd






