

YOLANDE SE GEMENGDE SLAAI MET ‘N KINKEL
2 – 3 hoender borsies
oorskiet bees boud koue vleis
gemengde “fancy” slaai blare
½ geel soetrissie
1 pakkie “snow peas”
1 wortel
2 tamaties
¼ komkommer
½ rooi ui
gerasperde Cheddar Kaas en Persian Marinated Feta (kan enige feta of sagte wit kaas van keuse gebruik)
Hoeveelhede skat ek maar na gelang van hoeveelheid mense.
Sny die hoenderborsies in die helfte deur sodat dit vinniger gaar braai. Gooi lekker hoender of braai speserye en gemaalde peper op borsies en braai in olyf olie vir so 5-7 minute in lekker warm pan. Laat rus en koel af.
Pak slaai blare uit op mooi groot plat opdien bord.
Sny ui, komkommer en soetrissie in ringe, tamatie in wiggies, rasper die wortel en kaas.
Sny die vleis in happie groote repies.
Rangskik al die bogenoemde feestelik op die gemende slaai blare en eindig met die kaas en feta vir afronding – mens eet mos met jou oë.
Slaai Sous:
Meng griekse joghurt en sap van ‘n suurlemoen met italianse kruie, sout en vars gemaalde peper (hoeveelhede na smaak)
Ek sit altyd die slaaisous apart voor – so kan elke persoon oorsit na smaak.
Lekker eet!
Resep en Foto: Yolande Bekker






