

MARELIZE SE WILDSPASTEI
1-1.5 kg wildsvleis
1 – 2 pakkies spek 250g elk
500 g – 1 kg bees chuck
1 ui, baie fyn gekap
2 blokkies hoenderaftreksel (opgelos in so ‘n koppie water)
60 ml koekmeel
10 ml (of na smaak) heelkorrelmosterd
250 ml melk
sout en peper
Kors:
125 ml melk
125 ml olie
200 ml koekmeel
1 eier
10 ml bakpoeier
Ek het oornag die wildsvleis in ‘n slowcooker op High (8 ure) gesit. (Asseblief week joune oornag in karringmelk as jy nie ‘n sterk maag het nie.)
Ek het toe die spek gaar gemaak en die beesvleis ook in die slowcooker gesit nadat ek die wildsvleis uit gehaal het. Dit het vir so 6 ure op hoog in gegaan.
Ek het toe die bees- en wildsvleis van die bene afgehaal en fyn gemaak, en al die vleis saam gemeng.
Daarna het ek die oorblywende bestanddele saam met die vleis in gegooi en in ‘n pot laat prut sodat meeste van die vloeistof verdwyn het. (Dit hang maar van persoon tot persoon hoe baie vloeistof jy in jou pastei wil hê). Skep die vleismengsel in ‘n groot pan.
Ek het toe die kors aangemaak en oor die vleismengsel in die pan gegooi.
(Dit was ‘n groot pan, maar een keer se aanmaak was genoeg gewees.)
Sit in voor verhitte oond by 180 ºC tot die deeg gaar en mooi bruin is. Dit was maar so 20 minute in die oond. So dit het nie lank gevat nie. Ons het dit bedien met rys, slaai en olie-gebakte aartappels.
Resep en foto: Marelize Cloete






