

LEKKER WARM HOENDERKERRIE
Foto: Ronell Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
1.5 kilogram borsies, gehalveer
4 groot aartappels, in blokkies gesny
1 groot ui, fyngekerf
4 knoffelhuisies, fyngekap
1½ eetlepels medium kerrie met aromatiese mengsel speserye
½ eetlepel sterk gewone kerrie
1 teelepel borrie
sout en peper
2 Knorrox hoenderblokkies
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels blatjang
½ koppie appelkooskonfyt
1 potjie vars room (250 ml)
1 pakkie cream of mushroom sop
3 eetlepels suiker
Braai die uie tot ligbruin en voeg die knoffel by. Braai nog so 1 minuut. Voeg die kerrie en borrie, sout en peper by en roer so 2 minute lank. Voeg die hoender stukke by en braai aan albei kante. Los die Knorrox blokkies in 3 koppies water op en voeg by bestandele in die pot. Kook hoender vir so 30 minute. Voeg die blokkies aartappels by en kook tot gaar. Kyk dat daar genoeg vloeistof in pot is vir sousie ook.
Meng die soppoeier, room, tamatiesous, blatjang, konfyt en suiker goed saam. Voeg by die hoender, roer liggies deur en prut vir 5 min. Oppas vir aanbrand. Hou dop.
Bedien met lekker soet groente en basmati rys.






