HOENDERSTUKKE OP DIE STOOF
600 g hoender stukkies
1 pakkie Portuguese spice
1 eetlepel olie
½ koppie Coke
2 eetlepels pietersielie
2 eetlepels Worcestersous
Plaas die olie in ‘n kleefvrye pan, lekker groot pan of braaipan.
Sit hoender stukkies in die pan, sprinkel die speserye, Worcestersous en pietersielie oor.
Laat dit braai tot hoenderstukkies half gaar en besig is om bruin te raak.
Giet die Coke oor en laat dit prik tot dit ‘n sous maak.
Sous moet nie te dik wees nie, maar ook nie te loperig nie.
Kook tot hoender gaar en sous reg is.
Sous kan jy oor rys of oor ander kos ook bedien vir smaak.
Resep en foto: Jolene Smith