HEIDI SE KONDENSMELKBESKUIT
1 blikkie kondensmelk
2 x 25 g koekies vars suurdeeg, gekrummel
400 ml kookwater
250 g botter
2.5 kg koekmeel
500 ml koue water
3 eiers geklits
25 ml sout
200 g suiker
(Ek sit my eie anys by – het nie hoeveelheid nie)
Giet kondensmelk in mengbak.
Spoel blikkie uit met 100 ml lou water.
Voeg suurdeeg by.
Laat staan tot skuimerig.
Voeg kookwater, botter en suiker by.
Roer tot botter gesmelt is en suiker opgelos is.
Voeg koue water, eiers en suurdeeg (geaktiveerde) en helfte van meel by.
Meng deeglik tot ‘n gladde beslag.
Bedek en laat rys vir +/- 1 – 2 ure, tot sponsig.
Knie insuursel af.
Voeg sout en res van meel by.
Knie tot sagte deeg vorm.
Strooi nog meel by indien nodig.
Bedek deeg.
Laat op effens warm plek rys vir 2 – 3 ure.
Knie deeg af en vorm balletjies so groot soos ‘n golfbal.
Die balletjies moet so groot wees dat dit ‘n 1/3 van pan se diepte lê.
Plaas balletjies styf teenmekaar in panne.
Laat weer rys op warm plek tot verdubbel in volume.
Bak +/- 45 – 50 min by 160° C.
Bedek beskuit met foelie (blink kant bo) as dit te gou verbruin.
Nou, ek het die lekker lang beskuite gekry met hierdie resep en koekie suurdeeg.
Met die kitsgis, sulke “stocky” beskuite.
Dit was my oorlede skoonma se resep vir jare.
Hoop jul geniet dit!!
Ek rys ook my beskuit in ‘n warm kar aangesien ek ‘n vrieskas vir ‘n huis het.
Resep: Heidi Olivier
Foto: Nicolette Papas
Baie lekker!