

GIDEON SE DEEG BRILLETJIES
Ek het die paff pastry deeg brilletjies gemaak en is nogals lekker
1 × 400 gram rol paff pastry
2 eetlepel botter gesmelt
1/2 koppies kaneelsuiker
1 eier geklits vir glasering
Rol die deeg uit tot omtrent 2 mm dik probeer dit so vierkantig of reghoekig moontlik hou
Smeer dan die deeg met die botter en strooi die suiker oor
Rol dit dan van altwee kante af op tot in die middel
Sny dit dan met ‘n skerp mes in 4 mm dik mootjies en smeer met die eier
Pak dit dan in ‘n voorbereide oondpan
Bak dit dan in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir 12 tot 15 minute of tot goudbruin
Ek het die riglyne van pick en pay se ” fresh living ” gebruik
Dit maak omtrent 30 brilletjies
Foto en resep: Gideon Louw







Geskuif na nuwe blog