

FILO, BACON EN KAAS ROLLE
Die het net in my kop ingespring en ek maak dit toe en was djeeeerlik Ek’t vannaand vir ons die heerlike djeerrlike phyllobacon en kaas zolle gemaak en glo my dit was djeeeerlik!
12 velle filodeeg 200 x 400 mm, dubbeld gevou
chillie flakes na smaak
crushed garlic na smaak
1 koppie gerasperde geelkaas
olie vir diepbraai
1 pakkie fyn gekerfde bacon
2 eetlepels gerrookte salm roomkaas
Smeer die dubbel gevoude vel deeg eers met ‘n dun lagie roomkaas.
Sprinkel dan ‘n bietjie chillie flakes, gevolg deur ‘n lagie kaas en dan gevolg deur ‘n paar stukkies verspreide bacon.
Vou dan eers die rante in en rol die deeg van ‘n kant af op, so styf moontlik.
Ek het dit oppie kole in my rooi pannetjie gebraai tot goudbruin omtrent vir 8 tot 10 min in warm olie, dit was yt die boeke.
Hmmmmmm eet terwyl dit nog warm is vir ‘n oudurvie.
Ons het dit geniet saam met hoener wat in jimmys geweek was en oppie kole gebraai is en powpow slaai met ‘n bloukaas slaai sousie oor.
Foto en resep: Gideon Louw






