


BEESSTERT IN DIE STOOMPOT
Resep en 1 ste foto: Sarel Snyman
Resep en 2 de fotos: Annemarie van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is my vinnige beesstert resep.
Braai 2-3 uie, voeg 2 teelepels knoffel by. Haal uie mengsel uit pot.
Braai vleis (+/- 2 kg) sodat dit seël. Skep uiemengsel oor die vleis.
Voeg 4 koppies water en sout en peper na smaak by.
Laat kook (stoom) vir 20 min. Indien die sousie min is voeg nog ‘n koppie of 2 water by.
Voeg 4 aartappels en 6 -8 wortels (beide in stukke gesny) by.
Kook (stoom) vir ‘n verdere 25 min.
Voeg gekapte sampioene by en kook tot sag. Indien nodig verdik sous met Maizena.
Dien op saam met rys, koeskoes of stamp mielies.

BEESSTERT IN DIE STOOMPOT
1,5 kg beesstert
2 middelslag uie, gekap
1 piesang, in skywe gesny
2 lourier blare
60 ml bruin asyn
20 ml tamatie sous
20 ml blatjang
20 ml heuning
7 ml matige kerrie
7 ml sout
peper na smaak
Was vleis en plaas in stoompot met uie, piesang en lourierblare. Meng die res van bestanddele en giet bo-oor. (Daar kom geen water by nie)
Verhit stadig en kook sowat 1½ uur op lae hitte onder druk.
Bedien warm met kapokaartappels en soet groente.
Ek maak net die resep en dis maklik en baie lekker.
Nota: Ek haal my beestert en die meeste sous uit dan sit ek my aartappels in en stoom dit vir so rukkie tot amper sag, dan haal ek die stoompot se deksel af en braai my aartappels in sousie tot gaar en sousie amper droog. Ek voeg bietjie water by die sousie, dan stoom ek my aartappels.
Goed hier is my beestert nou klaar gemaak ek stoom nou net my aartapels dan is my dis reg ek stoom my aartapels in die vleissous. Ek voeg net so klein bietjie water by en maak my sousie as my aartappels gaar is dik met bruin uiesoppoeier of bisto sodat daar genoeg sous is vir my rys en om oor my boontjies te skep. Kan stampmielies of mieliegrys maak as jy nie rys wil maak nie dit hang af waarvan jy hou






