



QUESADILLA PAN GEREG MET PITTIGE MAALVLEIS EN MIELIES
750 g maer bees maalvleis
4 eetlepels Taco speserye (of na smaak) *Cape Herb and Spice se eksotiese reeks
1 blikkie mieliepitte
2 groot knoffeltoontjies, fyn gerasper
2 uie, grof gekap
1 groot groen peper, in blokkies gesny
8 tortillas
1 koppie gerasperde Mozzarella kaas
2 koppies gerasperde Cheddar kaas
gerookte paprika
Berei twee oondpanne van dieselfde groote as volg:
Spuit een pan aan binnekant met kleefvrye sproei. Spuit die ander pan se bodem en kante aan die buitekant. Ek het die pan wat bo-op die gereg kom met foelie oorgetrek en dit gespuit. Die rede vir die boonste pan is sodat die gereg eweredig gelyk is en ook bo bruin bak met die hitte van die pan.
Sit oond op 230°C. Braai die uie en groen peper in min olie tot sag. Skep uit en hou eenkant. Braai die maalvleis tot mooi bruin en los. Indien daar enige vloeistof in die pan is gooi dit uit. Sit mieliepitte, knoffel en die taco speserye by en braai nog 5 minute. Geen ekstra sout is nodig want die taco speserye het reeds sout by.
Pak die 8 tortillas uit soos per foto in die oondpan wat aan binnekant gespuit is. Skep die vleis mengsel oor die hele bodem van die pan bo-op die tortillas. Sprinkel die uie en groen peper bo-oor. Strooi 1 koppie van die Cheddar kaas oor. Vou die tortillas bo-oor die vulsel en sit die pan wat aan onderkant gespuit is (of met die foelie oorgetrek en gespuit is) bo-op neer en druk liggies af.
Sit die gereg met albei panne so in die voorverhitte oond vir 20-25 minute. Haal uit en verwyder die boonste pan en strooi die Cheddar en mozzarella oor die hele bokant. Sit terug in die warm oond tot die kaas gesmelt het (jy kan dit ook onder die rooster doen vir paar minute). Strooi nou gerookte paprika bo-oor en bedien met suurroom, tamatie salsa, jalapēno en koljander (cilantro) salsa of enige salsa na smaak.
Sny met ‘n skerp gladde lem mes in blokkies en bedien onmiddelik.
Foto: Elsabie Templeton







Geskuif