PEKEL KERRIEVIS
10-15 stukke vis (ek het sommer hake medallions en snoek gebruik)
6/8 groot uie in ringe gesny
1 koppie water
1 koppie asyn
5 lourierblare
Paar peperkorrels
Koriander saad
1/2 koppie suiker
1.5 teelepels sout
2 eetlepels masala
2 teelepels borrie
2 koppies koekmeel
(Packo masala werk altyd die beste)
Geur vis met 1 teelepel sout en packo massala en ‘n bietjie borrie. Rol die vis in koekmeel en braai in vlak olie ongeveer twee minute aan elke kant, afhangende van die dikte van die vis. Plaas in ‘n groot bak en sit eenkant.
Die sous:
Voeg water, asyn, lourierblare, paar peperkorrels, borrie, ½ teelepele sout en packo masala in 1 medium grote pot. Bring tot kook en voeg ses tot agt uie wat gesny is by. Voeg die suiker by. Laat prut vir 8 minute totdat al die geure in uie ingetrek het. Haal af en gooi oor die vis in ‘n bak… laat afkoel, bedek en plaas in yskas totdat dit reg is om te eet. Geniet!
Resep en foto: Curt Carstens
Geskuif