

KOFFIEKARAMELTERT
(4 terte)
7 eiers
2 koppies suiker
1 doppie karamel essense
350 milliliter warm water
160 milliliter olie
3 koppies koekmeel
1 teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
60 milliliter koffiepoeier
Klits die eiers, suiker en karamel essens saam tot lig en romerig op ‘n hoë spoed.
Klits die water en die olie saam en voeg by die menfsel. Meng goed deur op ‘n lae spoed.
Meng die meel, sout, bakpoeier en koffie poeier deurmekaar. Skep die meel mengsel bietjies-bietjies by die mengsel en meng goed op ‘n medium spoed.
Skep die panne driekwart vol met deeg. Bak teen 160°C (met ‘n fan) vir 30 minute.
Terwyl die terte bak berei jy solank die sous voor deur die volgende saam te meng en tot kookpunt te verhit:
5 koppies suiker
5 koppies kookwater
150 milliliter koffiepoeier
1 doppie karamel essens
1 doppie vanilla essens
Wanneer die terte uit die oond kom, steek gaatjies in en gooi warm sous oor.
Laat die terte afkoel voor jy dit versier met ‘n laag karamel treat en ‘n laag styfgeklopte room.
Foto: Johanna Zwiegelaar






