

KAASKARAMEL BRAAIVLEISBROODJIE
500 g voorafbereide witbrooddeeg
125 ml bruinsuiker
15 ml Clover botter
250 ml Clover Cheddarkaas
250 ml Clover vars room
Verhit oond tot 180°C.
Smeer oondvaste bak (met deksel) met ‘n dun lagie botter.
Strooi helfte van bruinsuiker onder in die oondvaste bak.
Strooi helfte van die Cheddarkaas bo-oor suiker.
Rol deeg in gholfbal-grootte balletjies en plaas bo-op suiker en kaas lag.
Strooi res van suiker bo-oor deegballetjies en giet room bo-oor.
Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel bo-op.
Bak tot gaar vir ongeveer 1 uur.
Geniet met braaivleis of enige ander vleisgereg.
Lewer 6 porsies.
Foto: Chantélle Saayman






