

HELEEN SE “ANGEL DREAM” MOSSELS
My en my man se motto is as ons uitgaan eet… eet ons iets wat ons nie by die huis self kan maak nie… dit moet ‘n “treat”wees… het nou al ‘n paar keer by John Dorys hulle Mussel dream geëet wat op die ou sushi menu is… maar eet ons vingers af aan die voorgereg… kry nie creole spice by ons nie… het ‘n resep vir creole spice gekry en begin aanmekaar slaan… baie tevrede met die poging…
500 g “half shell” mossels
240 g blanched shrimps (maak skoon… alles wat swart is en sny fyn)
1 bakkie gladde roomkaas
1 ui fyn gesny, so klein as moontlik
2 eetlepels botter vir 2 panne
2 teelepels knoffel (ek het die gebruik wat in die bakkies verkoop word)
2 eetlepels creole spice *
sprinkel Aromat op shrimps
* Creole spice mix
2 tbsp paprika
2 tbsp garlic powder
1 tbsp pink himalayen salt
1 tbsp black pepper
1 tpsp onion powder
1 tbsp cayenne pepper
1 tbsp oregano
1 tbsp thyme
1 tbsp basil
Grind all together
Braai shrimps in 2 eetl botter vir 3 min. – saute.
Probeer meeste van die vloeistof afgooi en maak dit fyn saam met bakkie roomkaas.
Sprinkel aromat oor.
In ‘n aparte pan:
Braai uie en knoffel, voeg mossels by en 2 eetlepels creole spice vir so 5 minute, saute op lae hitte, skep uit op ‘n bord en skep shrimp mengsel bo-op.
Resep en foto: Heleen Albrecht






