

HEIDI SE SUURROOM GROENBOONTJIES
Ek het vroeër geantwoord dat ek boontjies met suurroom maak asook ander bestanddele.
Wel, ek het nie nou ‘n foto nie maar hier is die bestanddele.
300 g tot 350 g pakkie vars groenbone
250 ml suurroom
½ tot 1 ui – hang af hoeveel jy van uie hou.
½ tot 1 koppie gerasperde kaas
2 – 5 teelepels bruinsuiker – hang af van smaak en hoeveel jy die suurroom smaak wil breek.
125 g Smoked Beef Simba skyfies, fyn gedruk.
Die enigste voorstel wat ek hiervoor het is om bietjie, bietjie by te gooi tot die smaak reg is. Ek los my potjie ook op die stoof op 1 net om die kaas lekker te laat smelt.
Sout en peper na smaak
Kook boontjies tot gaar.
Ek kook dit nie tot heeltemal sag nie, ek hou nog van die “crisp” in die gereg.
Braai die ui.
Krummel doe skyfies.
Dreineer die boontjies.
Voeg ui, skyfies en kaas by die boontjies.
Meng goed.
Meng van die suiker in.
Sodra die suiker redelik gesmelt het, voeg die suurroom by.
Bedien.
Nota:
Daar is regtig nog geen hoeveelhede gemeet hierop, nie aangesien ek dit maak volgens smaak. Tweedens, dit is maar ‘n paar teelepels suiker.
Partykeer gebruik ek ½ na ¾ houer suurroom ander kere bietjie minder/meer.
Ek het al spek by gesit maar dit was nie vir my lekker nie.
Maar probeer dit gerus.
Ek hoop jul sal dit probeer, my kinders (almal getroud) bestel dit vir familie ete.
Resep: Heidi Olivier






