

GROOTMAAT APPELKOOSKONFYT
8 kilogram appelkose
8 kilogram suiker
3 suurlemoene se sap
wysvinger grote stuk droë gemmer, bietjie plat gekap
Plaas die bogenoemde in ‘n groot kastrol op die stoof, begin teen ‘n lae hitte.
Los suiker eers op voor konfyt kook.
Ek smeer my kastrol se rand met botter om nie oor te kook nie.
Ek toets maar my konfyt vir stol gehalte op ‘n koue piering.
Bottel warm in skoon voorbereide bottels.
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk
Foto: Alta Gunter Van Dyk






