
APPELBROODJIE
2 koppies meel
¼ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
¼ koppie suurmelk
¼ koppie gekerfde neute (opsioneel)
½ koppie smeer
1 koppie suiker
2 eiers
1 koppie gerasperde appel
1 teelepel vanielje geursel
Sif eerste 3 bestanddele.
Klop smeer en suiker.
Voeg 2 eiers by. Klop baie goed.
Vou die droë bestanddele om die beurt met melk en appels in.
Voeg neute en vanielje by.
Giet in gesmeerde pan.
Bak by 175° C vir ‘n uur.
Laat afkoel voor bediening.
Resep geplaas deur Jacqui Conradie






