

EISBEIN IN DIE PRUTPOT
Kook die eisbein vir 5 ure in die prutpot op “auto” met bietjie knoffel, koppie water en speserye van jou keuse.
Haal die eisbein uit en smeer met ‘n mengsel van braaisous, tamatiesous en blatjang (alles na smaak).
Bak in ‘n warm oond tot bruin. (200°C)
Foto: Leandre Voigt






