DEBBY SE KERRIE SKAAPTONGETJIES
2 pakkies skaaptongetjies
2 heel naeltjies
2 bay leaves
fyn swart pepper
2 teelepel kerrie poeier
1 teelepel borrie
3 eetlepels asyn
klein bietjie appelkoos konfyt
1 ui, grof gekap
2 – 3 aartappels, geskil en in kwarte gesny
Ek het die tongetjies vir 35 min gestoom in my drukkoker met naeltjies, bay leaves en fyn swart pepper.
Na 35 min tongetjies uitgehaal velletjies afgetrek en nealtjies uitgehaal. Terug gesit in pot.
Voeg die res van die bestanddele by. Stoom vir 10 min. tot die aartappels sag is.
Sous net bietjie verdik met mielieblom aangemaak in bietjie water.
Dit was heerlik!
Foto en resep: Debby Grant