

WORTELROOMSOP
1 kg geelwortels, geskil en in skyfies gesny
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 groot ui, geskil en gekap
100 g botter / margarien
1 teelepel gedroogde tiemie
knippie rooipeper
1,5 L hoenderaftreksel (6 koppies)
sout
250 ml vars room
Braai ui in botter / margarien tot sag.
Voeg wortels, aartappels, tiemie en rooipeper by en braai 5 – 10 minute saam.
Voeg hoenderaftreksel by en pryt 25 minute met deksel op tot groente sag is.
Verpulp die mengsel in ‘n voedselverwerker.
Voeg sout na smaak by.
Roer die room by en bedien warm.
-Lewer 3 Liter (10 – 12 porsies)
Resep geplaas deur Trynie Pretorius
Foto: Sarie Van Vuuren …ek love om maalvleis saam my sop te eet, Manlief hou niks daarvan, ek het myself so bietjie bederf, maalvleis apart gaar gemaak en saam my sop geëet.
Ek het nie deur blender gesit nie, het net masher gebruik, wortels en aartappels was lekker grof gewees.







Room Wortelsop is heerlik verkies om minder Tiemie te gebruik of glad nie….
Sarie Van Vuuren
Wortelsop Resep gemaak die naweek O my genade was devine verby my man het hom behoorlik trommel dik geeet nog maals dankie het jou resep gebere vir volgende keer.
Beveel regtig die resep aan, wat so lekker is als natuurlike smaak en die room maak die sop