


VARK TJOPS IN ‘N BAKSAKKIE
Ek het myne in die “sticky chicken wings cook in bag” gaar gemaak. Super sag en sappig uitgekom.
2 lekker dik lion tjops
1 pakkie “sticky chicken cook in bag”
1 ui, opgekerf
knoffel, fyn gekap
4 aartappels, in kwarte gesny
1 teelepel droë tiemie
3 eetlepels heuning
1 eetlepel soya sous
1 bay leaf
1 ster anys
peper
chili beef aromat/spice na smaak
Pak tjops en aartappel in sakkie.
Gooi die” cook in bag” poeier oor.
Gooi die sous en heuning by met spices en tiemie en knoffel en gekerfde ui.
Vryf alles lekker deur die vleis en aartappel en seel die sakkie.
Bak vir so uur en ‘n half by 180°C tot alles gaar en sag is.
Resep en foto: Jeni Tait






