

SPAGHETTI MET HOENDERMAALVLEIS BALLETJIES
500 g hoendermaalvleis
400 g blikkie tamatie en uie
500 g spaghetti
1 eier
1 eetlepel pietersielie
¼ teeleppel komyn
1 teelepel hoender speserye
1 ui, fyn opgesny
1 teelepel origanum
1 teelepel knoffel
sout en peper na smaak
125 g gerasperde kaas
Meng die hoendermaalvleis, eier, komyn, hoenderspeserye en pietersielie saam, sit sout en peper by na smaak.
Rol dit in klein balletjies en bak in oond met klein bietjie olie op 170°C, in my fan oond 5 min en toe omgedraai en nog 5 min tot gaar.
Kook spaghetti gaar volgens aanwysings.
Braai ui en knoffel saam so 3 min, voeg blikkie tamatie en uie by en origanum en kook so 5 min of tot alles gaar is.
Plaas die hoender ballatjies in die sous.
Meng die vleisbolletjie mengsel by die spaghetti in en meng goed deur.
Plaas alles in ‘n glasbak met ‘n deksel.
Kaas oor gegooi en so laat staan vir paar minute met toe deksel.
Bedien saam met Tamatie en Avo slaai.
Resep en foto: Meisie van der Colff






