

“STICKY” HOENDERVLERKIES
Aandete: Sticky hoendervlerkies, gekrummelde sampioene en skyfies.
Hoendervlerkies:
Meng saam:
bietjie sojasous
tamatiesous
soetrissie sous en
1 pakkie sweet en sour sous aangemaak met 1 koppie kookwater
Sprinkel vlerkies met hoenderspeserye en smeer sous oor en bak teen 180°C tot taai.
Gekrummelde Sampioene:
Vee sampioene skoon met papier handoek. Druk in meel, dan in eier en melk mengsel en dan in krummels. Druk weer in eiermengsel en weer in krummels. Sit in yskas vir ‘n paar minute om te set. Bak in diep olie tot goudbruin. Ryg in sosatie stokkie.
Vinnige Tartare sous:
2 teelepels mayonnaise
1 teelepel Sandwich spread
Meng goed.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld






