

PAMPOENKOEKIES SONDER SOUS
1 koppie gaar fyn pampoen
1 eier
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knip sout
olie vir diep braai
Meng alles
Bak teelepels vol in taamlike diep en warm olie tot mooi bruin. Kry so 30 poffertjies.
RESEP GEPLAAS: Meisie van der Colff
Foto: Juanita Vermeulen
Nota: Ek het 60 ml melk bygegooi om die beslag bietjie meer slap te maak om dit soos ‘n plaat koekie te maak en het dit nie diepgebraai in olie nie. Het lepels vol in pan gebraai wat net gespray en cook was. Dit was regtig baie lekker. Baie dankie vir die resep






