OUTYDSE SUURLEMOENKWAS
25 skoongewaste suurlemoene
2,5 kg suiker
15 ml wynsteensuur
15 ml sitroensuur
15 ml engelse sout
2 liter kookwater
Rasper die suurlemoene se skil af en druk die sap uit. Voeg die sap en skille in ‘n groot skottel.
Meng die suiker, wynsteensuur, sitroensuur, engelse sout en kookwater by die suurlemoensapmengsel en roer tot die suiker opgelos is.
Bêre die mengsel met ‘n doek oor vir 48 uur.
Giet die vloeistof deur ‘n doek en bottel.
Dit is soos aanmaakkoeldrank, meng met water na smaak en bedien.
Heerlik in die somer met ys.
Resep: Rita Olivier