


NOUGAT MET MAKADAMIANEUTE EN BOSBESSIES
2 velle ryspapier
450 g (2¼ kp) suiker
250 g glukosestroop
80 ml (⅓ kp) heuning
2 ekstragroot eierwitte
¼ teelepel kremetart
250 g makadamianeute (gerooster by 180 grade C vir 15 min)
60 g gedroogde cranberries
Maizena om te keer vir vassit
Smelt suiker, glukosestroop en heuning oor baie lae hitte. Moenie laat kook voor alles gesmelt het nie. Vee kristalle aan kante van kastrol met waterkwassie af.
Kook stroop tot 140 grade C op suikertermometer.
Sprei 18 cm x 28 cm pan met Spray ‘n Cook en voer dan met een vel ryspapier.
Klits eierwitte en kremetart tot sagtepunt stadium.
Voeg warm suikerstroop by eierwitte – laat loop stadig aan die kant van die mengbak in terwyl die menger op die vinnigste spoed klits met ballonklitser. Werk baie versigtig dat niks spat nie, die kokende stroop is gevaarlik warm.
Klits tenminste 6 minute tot die mengsel dik en koeler is. Skraap kante van die bak 2 keer om seker te maak alles meng goed in.
Voeg nou makadamias en cranberries met die hand by – dis ‘n dik taai mengsel, so dis nogal moeilik om te meng.
Gooi in bak en druk plat met tweede vel ryspapier.
Laat staan vir tenminste 5 ure voor jy dit sny – oornag is beter. Moet nie in yskas bêre nie.
Sny in blokkies en sprinkel Maizena oor om te keer dat die blokkies aan mekaar vassit.
Stoor in toe lugdigte bak.
Resep geplaas deur Retha Sorum Burger
Foto: Retha Sorum Burger







geskuif