

KOEKELOERDERS
125 g botter of margarien by kamertemperatuur
200 g (250 ml) strooisuiker
1 ekstra groot eier
275 g (500 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
pruimkonfyt
versiersuiker
Verroom die stroosuiker en botter/margarien saam.
Voeg die eier by en klits goed tot lig.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam bo-oor en meng alles saam tot ‘n deeg.
Rol stukkies deeg (sowat 10 ml) in balletjies en plaas dit ‘n entjie uitmekaar op gesmeerde bakplate.
Druk ‘n gaatjie met die steel van ‘n houtlepel in die middel van elke balletjie, moenie dit dwarsdeur druk nie.
Skep ‘n klontjie konfyt in elke gaatjie.
Bak sowat 10 min lank tot ligbruin in ‘n voorverhitte oond by 190°C (375°F).
Laat op ‘n draadrak afkoel.
Sif versiersuiker oor die koekies net voor opdiening en skep ekstra konfyt in die holtes.
Lewer sowat 4 dosyn koekeloerders.
Foto en Resep: Annemarie Scholtz






