
IDEES MET OU BROODROLLE
Salome Du Toit:
Goeiemôre kook mense. Ek het 12 hamburger buns wat bietjie gestaan het vir ‘n paar dae en wil nie graag dit weggooi nie. Wat kan ek met dit maak vir ‘n ete? Sal dit baie wardeer.
Marika Tegmann
Ook gebruik vir Bunny Chow.
Louise Nel Bauermeister:
Maak garlic broodjies met dit, draai toe in foelie en vries dit.
Lynette Von Wielligh Groenewald:
Breek in stukke en maak nat met melk. Braai maalvleis, greenpepper, uie en geur. Meng alles saam so 6 rou eiers en gerasperde kaas en bak. Daar het jy lekker souttert. Mens kan tuna of kouevleis ook gebruik.
Lizet Du Rand:
Sny dit middeldeur en sit plat in ‘n pan. Dan maak jy ‘n kaassous (roux) met botter meel, melk, sout peper en kaas. As jy die botter gesmelt het vir die roux, gooi jy knoffel in en maak dan die roux verder. Gooi lekler baie kaas in. Gooi dan oor die buns en strooi nog kaas bo-oor en bak in die oond. Dit proe soos daai cheesy garlic rolls wat mens by ‘n resturant bestel. Baie lekker! Ons maak dit saam braaivleis gewoonlik
Sindy Rossouw:
Sny buns oop. Meng mayonnaise en knoffel en smeer dit bo-op buns. Dan gerasperde kaas bo-oor en grill in oond. Dis hemels!
Michaela Hunt:
Cut the buns in half, places the bottom halves of the buns in a oven proof dish and brush with melted butter, mix in garlic and herbs if you want, in a separate dish shred cooked chicken, peppers, mushrooms and marinade of your choice and mix together a pour over the bottom half of the rolls and top with a cheese mix, I use mozzarella, cheddar and Gouda too with the top halves of the buns and brush with the butter mixture, pour over some more cheese mixture and place foil on top and bake in the oven on 180°C for 30/45 mins or until golden and bubbly.
Adelia Drinkwater:
Ontbyt nessies:
Brood rolletjies
1 pakkie gesnipperde spek,
1 ui, gekap
1 pakkie sampioene gesny
enige gekleurde pepper gekap
Roer braai alles tot lekker bruin en meng ‘n botteljie room in, Kook vir 5 min op lae hitte. Hol die brood rolletjies uit (sny ‘n stukkie van die boonste gedeelte uit en smeer met botter.) sit in die oond en bak vir ‘n paar minute tot lekker crispy. Vul jou brood rolletjie met die bacon mengsel en strooi kaas oor en sit terug on die oond tot die kaas gesmelt het.
Elza Charlez:
Jy kan hulle uithol, maak ‘n meatball, sit ‘n lepel van ‘n blikkie uie en tamatie onder in, meatball bo-op dit en kaas bo-oor en smeer met knoffel botter oral oor en bak in oond.






