

HOENDER- EN GROENTE KOEKIES
Resep en foto: Daisy Tomes Scheepers
FOOD LOVERS RECIPES
Kook die volgende saam vir +-3/4 uur tot sag:
1 hoender borsie
1 aartappel
1 ui, gekap
sout, paprika, borrie en knoffel na smaak
½ koppie gemengde groente
Vlok die hoender en maak groente fyn, meng saam en laat afkoel.
Meng die volgende bestanddele saam:
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 eiers
50 ml melk
Meng die 2 mengsels saam, maak balletjies en druk effens plat.
Braai in matige warm olie tot mooi bruin aan albei kante.






