


GIDEON SE KERRIE AFVAL
Vanaaaaaaand gaan ek virre slag ‘n lekker kerrie afvalpotjie aanmekaar slat, eks al laaankal lus virre afvallietjie.
Ek’t dit nou klaar bespied van kop tot toon en mettie minora blyd begedam, dit is nou silwerskoon en lê en wag vir my. My oorle moeder het my mos darem mooi getryn hoe om dit skoon te maak.
En kyk as sy klaar ‘n afval skoongemaak het issit spierwit in silwerskoon.
My resep gaan so lyk ek gaan dalkies net die borrie vermeer.
Bedek die afval met skoon water
In my swart platboompot (ek’s tog te lief vir hom)
Laat kook dan vir omtrent twee ure, nie te vinnig nie anders kook al die lekker lymerigheid uit en dit maak mos daai lekker taaierigheid aan jou vingers as jy die beentjies af tghorro (dis soos ‘n Namakwalander sou sê vir skoon af eet dis seker maar ‘n Namma woord)
Voeg dan die uie en speserye by:
8 naeltjies
6 peperkorrels
¼ teelepel neut
1 teelepel koljander
Kook dan vir nog ‘n driekwart uur.
Voeg dan 6 medium groot aartappels by wat in kwarte gesny is en kook vir ‘n halfuur.
Meng dan 1 koppie asyn met:
1 eetlepel kerrie
1 eetlepel borrie
2 eetlepel suiker
2 eetlepel appelkooskonfytt
1 eetlepel crushed garlic
2 eetlepel bruinuie soppoeier
En voeg by.
Hou die watervlak dop en en kook vir nog ‘n driekwart uur, moenie laat dit te min sous hê nie,
want dit is mos wat die volgende dag as oorskiet so lekker op ‘n sny brood met jêm is.
Ek kannie wag vir vanaand solaat ek my tong kan laat lekker kry met hierrie djeeerlikhyt nie.
Hhmmmmm!
O ja moetie worrie nie ek’t klaar die minora blade uitgehaal so hy sallie in my pens beland nie
Foto en Resep deur Gideon Louw







geskuif