

PETRE SE BLITSPOEDING
Fotos: Petre van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Dit is die resep wat ek ‘n hele tyd terug gesoek het, die een wat ek altyd gemaak het, was die sjokolade een – Sjokolade beslag en kakao saam met die bruinsuiker gemeng.
Oond 180 ºC.
Maak die deeg in die bak aan waarin jy die poeding gaan bak, of meng apart en smeer die oondbak waarin jy gaan bak en skep die mengsel dan daarin. Altwee maniere werk goed.
Bak moet omtrent inhoudsmate van 2 liter hê.
Meng volgende saam in mengbak:
1 eetlepel sagte margarien
1 koppie appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
6 eetlepels hoogvol bruismeel
¼ teelepel sout
1 teelepel fyn gemmer
2 teelepels asyn
Strooi 1 koppie bruinsuiker bo-oor deeg en dan 3 koppies kookwater.
Gebruik die agterkant van ‘n groot lepel en laat die water oor dit loop om te verseker dat al die suiker nie na een kant toe gaan nie.
Bak 30 – 35 minute tot goudbruin en gaar.
Poeding maak ‘n dik sous onder in bak. Bedien met roomys of vla.






