

MIKROGOLF MIELIEBROOD IN JELRING
Resep geplaas deur Joyce Geers Minnaar
Foto: Joyce Geers Minnaar
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml bruismeel
2 teelepel sout
1 teelepel olie
1 teelepel suiker
2 eiers
1 blik geroomde suikermielies
½ koppie melk
Meng droë bestanddele. Klits die eiers en voeg suikermielies en melk by.
Voeg dit dan by die meelmengsel.
Smeer die tupper jelring goed margarien met wax papier en strooi paprika oor.
Giet die mengsel in jou bak en sit vir 9 minute op 70% en dan vir 5 min op 100%.
Nota: Dit kan in die oond gebak word op 180°C vir ongeveer 45 min in ‘n gesmeerde oondbak.







geskuif