


MAKLIKE SKAAPRIB
1 x rib (vel/vet gesny en gaatjies agter tussen rib vliesse)
1 koppie Worcestersous
1 koppie suurlemoen sap
2 eetlepel heuning
1 teelepel gemengde kruie
1 eetlepel Six gun spice (of ander braaivleis speserye)
knoffel sout
swart pepper
Meng Worcestersous, suurlemoensap, heuning, kruie en speserye saam.
Strooi rib met knoffel sout en swart pepper.
Marineer nou rib in Worcestersous mengsel vir teminste 24uur.
Braai stadig oor medium kole. (ons doen dit sommer op die water braaier)
Resep geplaas deur Suenell Liebenberg
Foto: Suenell Liebenberg






