

LEKKER PLAATKOEKIES
1 koppie koekmeel
2 eetlepels suiker
knippie sout
2 teelepels bakpoeier
1 eier
1 teelepel vanilla essense
2 eetlepels olie
1 koppie melk
Voeg alle droë bestanddele in bak en vorm ‘n gat in die middel. Klits eier, melk, olie en vanilla essense in ‘n koppie eenkant en voeg in die bak saam met die droë bestanddele. Roer deur tot dit gemeng is. Maak ‘n pan warm en voeg klein bietjie olie in. Skep lepels mengsel in die pan en bak tot dit bruin is aan albei kante.
Foto:Melissa Mea-Adams






