
CHRISSIE SE ASYNPOEDING IN DIE MIKROGOLF
Vir die sous:
200 ml suiker
100 ml melk
100 ml kookwater
50 g (60 ml) botter
5 ml vanielje
Vir die deeg:
1 eier
125 ml suiker
300 ml koekmeel
25 ml appelkooskonfyt
15 ml asyn
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
200 ml melk
Knippie sout
Meng bestanddele vir sous en mikrogolf vir 3 min op volle krag roer tot suiker opgelos het, hou eenkant.
Room eier en suiker. Voeg meel, konfyt, asyn, bakpoeier en sout by. Los die koeksoda in melk op en voeg by. Meng tot die mengsel glad is. Skep die deeg in ‘n gesmeerde bak van 20 cm x 9 cm diep. Gooi die sous oor die deeg. Mikrogolf vir 15 minute teen 50% krag.
Bedien met vla.
Resep geplaas deur Kobus Theunissen







Op nuwe blog . Louise Groenwald het foot gestuur.