

KORTRIB MET GRANAAT GLANSEERSEL EN PATATSKYFIES
Ek het die gereg vir Moedersdag gemaak.
Voorverhit die oond tot 200˚C.
5 takkies vars tiemie, slegs die blare
30 ml sesamsaad
5 ml sumak (wildegranaat) of suurlemoenpeper
5 ml fyn kaneel
± 2 kg kortribbeesvleis, in 6 – 8 cm stukkies gesny
30 ml olyfolie
6 knoffelhuisies, geskil
6 klein uitjies
sout en peper, na smaak
granaatpitte vir garnering, opsioneel
granaat glaseersel
250 ml granaatsap
½ koppie bruinsuiker
15 ml balsamiese asyn
‘n knippie sout en peper
Patatskyfies:
1 kg gevriesde patat skyfies of ongeveer 3 patats, in skywe gesny
olyfolie
sout en peper
¾ kp parmesaankaas, gerasper en opsioneel
30 ml fyngekapte vars Italiaanse pietersielie
Vleis:
Stamp die tiemie, sesamsaad, sumak en kaneel met ‘n stamper in ‘n vysel fyn. Vryf die vleis met die mengsel in, sprinkel die olie oor en skud of werk dit met jou hande deur om die vleis oraloor te bedek.
Verbruin die vleis in ‘n wok vir 10 minute oor ‘n matige hitte.
Plaas in ‘n casserole met ‘n deksel
Glaseersel:
Mikrogolf die glanseersel bestanddele saam vir ongeveer 5 – 7 minute totdat dit stroperig raak – roer dit elke minuut deur. Giet die glaseersel oor die vleis en skud of werk dit met jou hande deur om die vleis ooraloor te bedek.
Voeg die knoffel by. Geur die vleis met sout en peper.
Plaas casserole met dekstel op in die oond.
Bak vir 1½ uur.
Laaste 15 minute, halveer die klein uitjies en voeg by.
Patat skyfies:
Pak die patat skyfies op ‘n bakplaat in ‘n enkellaag , sprinkel olyfolie, parmesaam, pietersielie, sout en peper oor.
Bak vir 30 minute – skud of draai dit gereeld om totdat die skyfies deurgaar en bros en die vleis sag is.
Graneer met granaatpitte, (opsioneel)
Resep aangepas en foto deur Ansune Erasmus






