


HEERLIKE ROSYNTJIEBROOD
Resep: Honene Bain Roux
Foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Heerlike maklike reseppie wat ek al baie jare maak.
Hierdie brood is baie lekker saam met patee, soos bv. hoenderlewer, snoek en roomkaas, al is dit effens soet. Ook baie lekker as ‘n teebrood sonder iets op.
500 g bruismeel
4 teelepels bakpoeier (dit klink baie, maar dis reg)
1½ koppies melk
1½ koppies rosyntjies (dis ‘n 250 g pakkie)
1 koppie suiker
1 eier
sout
Meng alles saam met elektriese menger met deeghaak. Nie klein handmenger. Anders meng dit net met ‘n houtlepel. Bak 45 min. – 1 uur op 180ºC.
Resep kan baie suksesvol verdubbel word vir twee groot brode. Ek het twee medium grootte brode uitgekry uit die resep soos in die foto.

Foto: Adam Cloete – met Xylitol gebak en in die rosyntjie brood het ek helfte van die rosyne met bloubessies vervang.







geskuif