

ANKIA SE HOENDERSOSATIES
4 lekker groot hoender fillette
Sny in hap groote blokkies.
Marineer in die volgende.
1 teelepel mostert
1 teelepel mayonnaise
1 teelepel chutney
1 eetlepel worchestersous
1 eetlepel tamatiesous
3 eetlepels olyf olie
suurlemoensap
‘n teelepel geel kerrie
roosmaryn
pietersielie
sout en peper na smaak
Meng alles saam. Giet oor hoender in ‘n diep bak en marineer oornag.
Haal uit en ryg in stokkies met vars peppers en uie.
Braai oor lekker vuurtjie buite saam met die volgende slaai.
rocket blare
kersie tamaties
olywe
feta
komkommer
uie
pitlose druiwe, in helfte gesny (opsioneel)
fyngekapte cashews
Kan dressing van jou keuse vat ek gebruik honey and mustard.
Resep geplaas deur Ankia Palos






