


ALLERLEI SKAAPVLEIS PASTEI
2 rolle skilferkors deeg
½ kg allerlei skaapvleis, in blokkies gesny (enige deel van die skaap)
4 skaapniertjies, skoongemaak en in blokkies gesny
1 medium groot ui, gekerf
200 g repiespek, gekerf en gebraai in ‘n pan en afgekoel
100 g sampioene, gebraai en afgekoel
1/2 teelepel sout
1/2 teelepel rissie vlokkies
1/2 teelepel gemaalde swartpeper
1 teelepel knoffelvlokkies
2½ eetlepels sampioen soppoeier aangemaak met ‘n kwart koppie water
2 eetlepel suiker
1 koppie water vir byvoeging
1 geklitste eier vir smering
Kook die skaapvleis tot sag vir ongeveer een uur en voeg die uie by en laat prut vir nog plus minus ‘n halfuur.
Voeg dan die niertjies by en prut vir nog 15 tot 20 min.
Voeg dan die sampioene en spek by en meng saam.
Voeg die soppoeier by en laat bietjie prut maar moenie laat die mengsel te droog word nie. Voeg van die water by.
Voeg dan al die ander speserye by en meng alles saam en laat afkoel.
Spuit ‘n redelike groot oondbak met ‘n kleefwerende middel.
Lê die een rol deeg mooi in die bak en sny die orige rantjies mooi af.
Smeer die rante met geklitste eier.
Skep dan die mengsel vleis in die bak en plaas die ander vel deeg bo-oor waarvan die rante ook met eier gesmeer is en sny oortollige degies af.
Smeer die bolaag deeg met eier en bak in ‘n voorvehitte oond op 180° C vir omtrent 45 min.
Ek het met die orige degies nog ‘n pasteitjie gemaak in ‘n tuna blikkie.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto : Gideon Louw






