

4 BESTANDDELE MILO BALLE
Ongeveer 24 balle
250 g Marie Biscuits (1½ pakkie) fyn geblits
1 blik kondensmelk
1 koppie klapper
⅓ koppie – 45 g Milo
Blits die koekies tot baie fyn, meng dan res van bestanddele by.
Rol in balletjies.
Ek het myne dan so gemaak:
Helfte in klapper gerol.
Ander helfte in Milo gerol.
Bêre in lugdigte houer.
Resep geplaas deur Maranda Van Dam
Foto: Maranda Van Dam







Geskuif.