

POLISIEPOEDING MET WARM VLA
2 koppies meelblom
1 koppie suiker
bietjie melk
2 eiers
⅓ koppie botter
3-4 teelepels bakpoeier
± 1 koppie appelkooskonfyt
Stroop
2 koppies lou water
2 eetlepels botter
½ koppie suiker
Roer botter en suiker goed. Voeg eiers een vir een by. Sif droë bestanddele saam.
Meng bietjies op ’n slag by eerste mengsel tot ’n slap deeg. Skep ’n laag deeg in ’n gesmeerde skottel, dan ’n laag konfyt.
Hou so aan totdat deeg op is. Meng al die bestanddele van stroop saam en gooi versigtig oor deeg.
Bak vir 1 uur by 180°C/350°F. Bedien met warm vla.
Resep: Riana Du Plessis
Foto: Ida Bouwer







Ida Bouwer
Hierdie is verleidelik lekker. Het vandag gemaak. So goedkoop en maklik