

ANYS BOER BESKUIT
2.5 kg koekmeel
3 pakkies droë gis
2 t sout
‘n pakkie of meer anys
halwe koppie suiker
250 g botter
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie melk
So 3 tot 4 blikkies lou water
Meng droë bestanddele saam gis.
Meng gesmelte botter met kondensmelk.
Lou water en melk word eenkant gemeng
Meng nou botter mengsel met droë bestanddele.
Gooi lou water bietjie vir bietjie by terwyl jy meng en begin knie tot sagte deeg.
Knie nou vir so 10 min aaneen.
Maak skottel toe met swartsak, maak toe met ligte doek, sit op warm plek, nie in direkte sonlig en laat rys tot skottel vol.
Knie deeg af, maak bolletjies en pak in brood panne. Ek het 3 groot panne en een kleintjie gebruik.
Laat rys nou weer goed.
Bak teen 180°C vir 30 tot 45 min, verskil van oond tot oond.
Laat afkoel, gooi uit en breek oop in beskuite, droog uit en geniet! 🍞☕
Resep en foto: Hettie Gouws Stoltz






