


PETRE SE VULSEL VIR ONTBEENDE HOENDER
Aandete was oorskiet van gister: Ontbeende gestopte hoender, Basmati rys, Groenbone, Gebakte aartappel en Kerriewortels. Daar was nog heel soetpatatjies ook by.
750 g maalvleis
1 eier
1/2 pakkie hoender room sop poeier
grof gemaalde swartpeper
sout
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels chutney
1/2 teelepel fyn gekapte knoffel
1/4 ui fyn gekap
paar blaartjies roosmaryn en tiemie
groen, geel en rooi soetrissie
broodkrummels
Meng eers alles saam behalwe broodkrummels.
Voeg heel laaste broodkrummels by en meng goed tot die verlangde styfheid van maalvleisvulsel gekry is.
Begin die hoender eerste te stop by die vlerkies en boudjies.
Los die voorste stukkie kneukel van die boudjie aan, anders kook die vulsel uit.
Vul dan die lyf gedeelte en steek vas met tandestokkies, of werk vas met naald en gare.
Draai toe in foelie.
Stoom vir om en by 1 uur.
Kan ook in oond gebak word by 180°C tot gaar.
Foto en Resep: Petré Van Jaarsveld






