



PETRE SE “DOEN NIKS” KAASKOEK KOEK
2 koppies suiker
1 1/2 koppies koekmeel
1 1/2 koppies bruismeel
2 eiers
2 teelepels koeksoda
1 teelepel vanieljegeursel
2 x 432 g blikke fyn pynappel met stroop
1 koppie klapper
Meng al die bestanddele goed saam met ‘n lepel.
Spuit 2 x 23 cm koekpanne.
Smelt 60 g botter in die een pan ‘n sprinkel bruinsuiker oor.
Pak ‘n laag pynappelstukke met kersies tussen in. ( ek het ‘n blikkie vrugtekelkie goed gedreineer en die boom van die pan daarmee uitgevoer)
Deel die koek beslag tussen die 2 panne.
Bak teen 180 grade C vir om en by 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Steek koeke vol gaatjies met ‘n sosatiestok en gooi die warm stroop oor.
Laat afkoel in die panne.
Stroop
1⁄2 koppie margarien
1 koppie suiker
3⁄4 koppie ideal melk
1 teelepel vanieljegeursel
Bring bestanddele tot kookpunt en kook vir 5 minute. Gooi oor warm koek.
Kaaskoekvulsel
2 x 250 g roomkaas
1 koppie suiker
2 eiers
1 teelepel vanieljegeursel
3/4 koppie suurlemoensap
skil van een suurlemoen, fyn gerasper
Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng.
Skep die kaaskoekmengsel bo op die koek wat sonder die vrugte is.
Bak vir 1 uur teen 160 grade C of tot gestol. Laat afkoel, plaas in yskas tot koud en plaas dan die ander laag van die koek met die vrugte na die bo kant bo op die kaaskoek.
Nota: In die een pan, smelt 60 g botter in die koekpan, strooi bruinsuiker oor en pak die vrugte in die koekpan, deel die koek beslag in die 2 panne. Maw die een pan se koek is eintlik n onderstebo koek. Die 2 koeke word eerste gebak, wanneer gaar, steek koek vol gaatjies en gooi die stroop oor terwyl dit nog in die panne is. Maak die Kaaskoekbeslag aan en skep oor die een koek wat nogsteeds in die pan is, (die een wat nie die vrugte onder in het nie) (ek wou eintlik pynappelringe gebruik het sodat dit soos ‘n onderstebo pynappelkoek moes lyk, maar die winkeltjies naby my het net fruit cocktail gehad). Laat afkoel in die pan. Die ander koek met die vrugte onder in die pan, keer uit op afkoelrak en plaas bo-op die gedeelte met die kaaskoek, wat nogsteeds in die koekpan is, sit in yskas oonag. Wat ek gewoonlik doen, is om ‘n karton te sny wat dieselfde as die een koekpan is, en oor te trek met foelie wat ek dan bo op die skyf sit.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
NOG ‘N VARIASIE:
Weer ‘n verwerking met die Do Nothing koek gedoen… Twee lae met ‘n kaaskoek vulsel. Die fyn pynappel het ek met ‘n blik 765 g tertappels vervang wat ek fyn gemaak het. Vir die bo laag het ek n blik 440 g pynappelringe gebruik.. Die stroop van die pynappelringe het ek by die beslag gevoeg omdat die tertappels nie stroop in het nie..
Kaaskoekvulsel
2 x 250 g roomkaas
1 koppie suiker
2 eiers
1 teelepel vanieljegeursel
3/4 koppie suurlemoensap
Skil van een suurlemoen fyn gerasper
Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng…
Skep die kaaskoekmengsel bo op die koek wat sonder die vrugte is.
Bak vir 1 uur @ 160 oC of tot gestol. Laat afkoel .. plaas in yskas tot koud en plaas dan die ander laag van die koek met die vrugte na die bo kant bo op die kaaskoek.
Foto: Petré van Jaarsveld

Foto: Erica Cosijn – het die suiker in die kaaskoek laag met kondensmelk vervang en dit was heerlik. Ek het ‘n blik pynappelstukke en ‘n pakkie glanskersies vir die vugtelaag gebruik. Die versiersel is net styfgeklopte room.







Erica Cosijn
Dit werk ook baie goed as mens die suiker met n blik kondensmelk vervang 😄 Die krummels in die pan was kniee-knak lekker. Kan nie wag om dit môre te proe nie!