

MACARONI EN KAAS MET ‘N VERSKIL
1 pak macaroni, gekook tot el dante
1 pakkie mushroom sop poeier
1 pakkie bacon and mushroom sous poeier
750 ml melk
250 ml room, anders vervang met melk
2 eiers, geklits
400 gr gerasperde kaas (dink Edem/Chedder mengsel sal lekker wees)
500 gr koue vleis, blokkies gesny en liggies gebraai
1 pakkie spek, gekerf en gebraai tot net gaar
1 tlp droë gemengde kruie, optioneel
sout en peper na smaak
Meng macaroni met kouevleis en plaas helfte in oondvaste bak.
Sprinkel ‘n derde van die kaas oor, asook die helfte van die spek.
Meng melk/room met sop en sous poeier en klits tot klontvry.
Bring die melk mengsel tot kookpunt, bly roer/klits.
“Temper” die geklitste eier met die warm sous mengsel, en voeg dan eier mengsel by sous en klits goed, kook tot dik en gaar, omtrent 5 min op medium hitte.
Voeg sout en peper en kruie by na smaak.
Voeg 1 derde van die kaas by die sous, na pot van die hitte verwyder is.
Gooi helfte van die sous nou oor die macaroni/kaas/spek.
Plaas res van die macaroni bo-op, en gooi res van die sous oor.
Voeg laaste die oorblywende spek bo-op.
Bak vir 20-30 min op 180°C.
Gooi oorblywende kaas bo oor en bak verder by 200°C tot bruin.
Bedien.
ENJOY !
Foto: Suenell Liebenberg






