

LEKKER POST TOASTIES POEDING
1 koppie suiker
1/2 koppie botter
2 Eetlepel vlapoeier
2 koppie graanvlokkies
5 koppies melk
3 eiers, geel en wit geskei
vanilla
Meng botter en suiker goed en voeg gebreekte graanvlokkies by.
Laat staan terwyl jy vla maak.
Meng vlapoeier met bietjie van die melk en voeg vanilla en eiergele by.
Verhit die melk en roer die eiermengsel by.
Laat kook en roer heeltyd tot mengsel gaar is.
Skep die graanvlokkie mengsel in gesmeerde oondpan en skep die vlamengsel bo oor.
Jy kan lae ook maak.
Klits die witte styf met 4 eetlepels suiker en skep dit bo-op poeding. (Ek vat dubbel die witte en suiker)
bak by 180°C tot mooi bruin.
BEDIEN MET DUN VLA.
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto: Ronell Muller Boshoff






